Discrimination against pregnant women in the workplace
November 30, 2015

Wanneer verjaar ‘n eis?

Die kwessie rakende die regsaard van ‘n verdedigende eis en of dit aanleiding gee tot skuld wat onderworpe is aan die drie jaar uitwissende verjaringstermyn is verskillend hanteer deur verskillende afdelings van die Hoërhof. Op 28 Mei 2015 het die Hooggeregshof tot ‘n finale besluit gekom in Absa Bank v Keet[1] rakende of eise onder die actio rei vindicatio na drie jaar verjaar al dan nie.

Een van die eerste vrae wat u prokureur u sal vra wanneer u met hom konsulteer, is wanneer die skuldoorsaak plaasgevind het, sodat hulle kan vasstel of u eis verjaar het. Indien u eis verjaar het, beteken dit dat daar geen wetlike regstellings meer tot u beskikking is nie. Eise voortspruitend uit skuld verjaar na drie jaar en die reëls van verjaring word in die Verjaringswet van 1969 uiteengesit.

Daar is een spesifieke eis waar die toepassing van die drie jaar verjaringstydperk onseker was en dit was in verband met eise onder die actio rei vindicatio. Dit is ‘n regsaksie waarby die eiser eis dat die verweerder ‘n item wat aan die eiser behoort, teruggee, en dit mag slegs gebruik word indien die eiser die item besit en die verweerder die eiser se besit daarvan belemmer.

‘n Rei vindicatio aksie word dikwels gebruik in dispute rakende paaiementverkope, waar eienaarskap slegs bepaal word deur die betaling van die laaste paaiement of waar paaiemente nie op tyd betaal word nie. Dit gaan meestal hand aan hand met ‘n eis vir kansellasie. Met ander woorde, die verkoper kanselleer die koopooreenkoms en eis teruggawe van die item wat verkoop is.

In die geval van Absa Bank v Keet[2] het die verkoper van ‘n motorvoertuig gepoog om die koopooreenkoms te kanselleer en die teruggawe van die verkoopte voertuig te eis. Die koper van die voertuig het hierop gereageer met ‘n spesiale pleitrede dat die eis vir teruggawe van die voertuig reeds verjaar het.

Die rede vir sy aanspraak dat die eis reeds verjaar het, was dat die ooreenkoms waarop die verkoper gedagvaar het tot ‘n einde sou kom op die datum waarop hy aangevoer het dat die uitstaande bedrag verskuldig en betaalbaar geword het, en dit was meer as drie jaar sedert daardie bedrag verskuldig geword het.

In die geval van Staegemann v Langenhoven[3] is daar beslis dat ‘n verdedigende eis nie na drie jaar verjaar nie. Die Hoërhof in die Keet geval het beslis dat hierdie saak se beslissing foutief was, want indien Staegemann korrek was, “kon die Bank sy aanspraak op die trekker vir nog ‘n dekade en selfs langer terughou, om daarna teruggawe van die voertuig te eis sodat dit sy skadevergoeding kon bereken”.

In die Keet geval moes die Hooggeregshof besluit of die Hoërhof korrek was in sy mening dat die verkoper se eis om teruggawe van sy besitting ‘n “skuld” is, wat vir die doeleindes van die Verjaringswet na drie jaar verjaar.

Die Hooggeregshof het ‘n belangrike onderskeid tussen uitwissende en verkrygende verjaring gemaak ten einde tot ‘n finale besluit te kom. Uitwissende verjaring handel oor ‘n krediteur se reg van optrede teen ‘n skuldenaar, wat ‘n persoonlike reg is. Aan die ander kant handel verkrygende verjaring oor die verkryging van ware regte tot eiendom (in terme van die Verjaringswet kan ‘n persoon eienaarskap van eiendom verkry na 30 jaar van ononderbroke besit). Ware regte is hoofsaaklik gemoeid met die verhouding tussen ‘n persoon en ‘n item, terwyl persoonlike regte gemoeid is met die verhouding tussen twee persone.

Die persoon wat geregtig is op ‘n ware reg oor ‘n item kan, deur middel van verdedigende aksie, daardie item van enige individu eis wat met sy regte inmeng. Sodanige reg is die reg tot eienaarskap. Indien die reg egter nie absoluut is nie, maar slegs relatief tot die item, sodat dit slegs afdwingbaar is teen ‘n gedetermineerde individu of groep individue, is dit ‘n persoonlike reg.[4]

Die Hooggeregshof is daarom van mening dat, om ‘n verdedigende aksie as ‘n “skuld” te oorweeg wat na drie jaar verjaar, teenstrydig is met die skema van die Wet en dat dit die waarde van die onderskeid wat die Verjaringswet tref tussen uitwissende verjaring en verkrygende verjaring ondermyn. Met ander woorde, wat die krediteur verloor as gevolg van die uitvoer van uitwissende verjaring is sy reg tot optrede teen die skuldenaar, wat ‘n persoonlike reg is. Die krediteur verloor nie ‘n reg tot ‘n item nie.

Die Hooggeregshof het dit derhalwe duidelik gemaak dat om die verdedigende aksie gelyk te stel met ‘n “skuld”, dit die onopsetlike en absurde gevolg het dat die skuldenaar, deur middel van uitwissende verjaring, eienaarskap van die krediteur se eiendom verkry na drie jaar in plaas van dertig jaar. Die verdedigende aksie verjaar dus nie na drie jaar nie.

[1] (817/13) [2015] ZASCA 81 (28 Mei 2015)
[2] (817/13) [2015] ZASCA 81 (28 Mei 2015)
[3] Staegemann v Langenhoven & ander 2011 (5) SA 648 (WCC).
[4] Wessels Law of Contract in South Africa 2de uitgawe vol 1 p 3-4.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)